SKOOLHOOF - Langenhoven HS (RIVERSDAL)
Langenhoven Hoërskool Riversdal – 1 Januarie 2022
Langenhoven is ‘n plattelandse streekskool, met ‘n sterk fokus op uitstekende akademiese prestasie van leerders, veral in Wiskunde en Wetenskappe.
Die SBL wil ‘n hoof aanstel wat:
• Hom / haar sal verbind tot die etos en waardes van die skool en gemeenskap
• Deur ‘n waardegedrewe ingesteldheid leerders opvoed
• In ‘n gedissiplineerde omgewing streef na akademiese uitmuntendheid
• d.m.v. ‘n deelnemende bestuurstyl die personeelkorps as span laat saamwerk
• Met positiewe werksetiek ‘n voorbeeld stel van hardwerkendheid, regverdigheid en eerlikheid
• Kulturele diversiteit koester en empaties is t.o.v. sosio-ekonomiese omstandighede.
Die
minimum vereistes waaraan ‘n kandidaat moet voldoen vir oorweging is:
• Sterk / goeie verbale en skriftike bevoegdheid in sowel Afrikaans as Engels.
• SARO geregistreerd
• Rekenaarvaardig
• Grondige akademiese agtergrond en onderwyskwalifikasie tot op gr 12-vlak, in een van die vakke wat die skool aanbied.
Die volgende
sterk aanbevelings sal in die kandidaat se guns tel:
• Ondervinding as Hoof /Adjunkhoof/ Departementshoof van ‘n hoërskool
• Nagraadse kwalifikasie in skoolbestuur
‘n Kandidaat moet
bewese ervaring van die volgende hê:
• Kurrikulumbestuur en –implimentering Gr 8 – 12
• Assesseringsbestuur Gr 8 – 12
• Bestuur van intervensiestrategië
• Gebruik van e-leer strategie wat ouderdomsgepas is
• Bestuur van NSS-eksamen
• Personeelbestuur
• Administratiewe bestuur
• Toepassing van progressiewe dissipline
• Bestuur van skoolfinansies, begrotings en bates
• Effektiewe bestuur van LOOM
• Strategiese beplanning van ‘n skool
Kennis van:
• SA Skolewet en ander nasionale beleide, wette en regulasies wat op ‘n skool van toepassing is
• Arbeidswetgewing
• Skooladministrasiestelsels bv SOBIS, PPMS ens.
• Evalueringstelsels o.a. GGBS, PPBOS, SIP ens
• Bestuur van SGOS, SAOK ens
• Parate kennis van huidige en toekomstige opvoedkundige ontwikkelinge in skolestelsels
• Bestuur van ‘n skoolkoshuis
Vaardighede:
• Kan personeel en leerders lei, inspireer, evalueer en korrigeer
• Goeie interpersoonlike verhoudings kan handhaaf
• Duidelike kommunikasie
• Verantwoordelike delegering.
Meld:
• Vakke aangebied
• Buitemuurs en kulturele aktiwiteite aangebied
Vir enige verdere inligting, kontak:
Mariëtte van Vuuren
SBL Voorsitter
072 213 7747 (bedags na 17:00) /
m.vanvuuren44@gmail.com
Verwys: WKOD Vakaturelys 1 (15 Feb 2021)